As twee mense mekaar regtig onvoorwaardelik liefhet, kan foute oor­gesien word, kan vergifnis plaasvind en kan die twee partye sterker aan die ander kant uitkom. 

Dis ’n seer en moeilike proses waaraan ’n mens elke dag hard moet werk.

Maar vertroue kan en moet herbou word. 

Aan die ander kant, moet ek bysê, het ek nog altyd vir my kinders gesê hulle moet nooit betrokke raak by iemand wat in ’n ing-fase is nie: divorcING, seperatING, sortING, tryING en findING. 

As jy nie self gesond en heel is nie, het jy niks om iemand te bied nie. 

Dit wil voorkom asof Derick Hougaard (Gebroke ná sy Derick en vrou betrap, 28 Maart) nog baie het om vir homself uit te klaar. 

As hy dit nie opklaar nie, sal elke verhouding dieselfde trant volg. 

Net hy kan besluit om die ommeswaai te maak. 

Jy kan nie uittap om te gee as jou eie vat leeg is nie. 

Wat Derick en Nádine op die ou end besluit om te doen, berus by hulself.

Maar dis belangrik om vorentoe te kyk, ongeag. 

- Florita 

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300. 
Kom neem deel aan die gesprek