In die rolprente Bruce Almighty en Evan Almighty word dieselfde prent met die “erg ordentlike” en “konserwatiewe” Jim Carrey in almal se gesigte geswaai, maar niemand sê iets nie. 

Miljoene sterf toe Bruce, oftewel Jim, die maan nader trek.

Ook niks word gesê oor die moontlike groter betekenis daarvan nie.

Word groot. 

Ons eie kinders weet wie ons Pappa in die Hemel is, want ons kom ons beloftes as pa en ma na. 

Wees bly daardie seun kan sien hoe geld vir ons baie belangriker geraak het as Christenskap. 

Kyk deur die oog van die kunstenaar, want hy wys tog presies dit wat ons doen: Ons skeur Jesus oop deur van Hom te vergeet en ons gesigte vol te stop met alles wat die wêreld bied.

- Michelle van Niekerk

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die ­redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.