Ons het Desember nog vir mekaar ’n SMS gestuur. Ek het vir hom gesê dit gaan dol en ek is te besig om saam met hom inkopies te doen.

Dit was afskeidsgesellighede, Kerssangdienste en die kinders wat kom kuier het.

Ons sal volgende jaar weer kan gaan inkopies doen en koffie drink, het ek gesê. Hy het gesê hy verstaan.

Vroeg in die nuwe jaar het ek gebel en ’n SMS gestuur. Geen antwoord.

Toe kom die skokoproep. Hy is die vorige dag dood.

My vriendin sê sy was nog die oggend by hom om verskoning te vra dat sy nie meer by hom gaan kuier het toe hy in die hospitaal was nie.

Sy woorde het my hard getref en skuldig laat voel

Hy het net moeg vir haar geglimlag en gesê hy weet ons is besig.

Sy woorde het my hard getref en skuldig laat voel.

Ek onthou hoe ons saam koffie gedrink en oor enige onderwerp gesels het.

Ons het saam gelag en gehuil. Wat ’n les om te leer. Moet nooit te besig wees om veral mense wat jou nodig het te besoek nie.

Jy is dalk net te laat. Essie Albertse, George

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.