Saam het ons gehuil tot ons jou voeding bemeester het. Jou eerste laggie, woordjie, sit, kruip en treetjies . . . alles mylpale wat ek jou help bereik het. Toe word jy groot. Mammie is nie meer alles nie, en dis reg so.

Jy moet die ontdekkingsreis van die lewe self beleef. Nou is jy volwasse met jou eie gesin – en wat ’n vreugde is my kleinkinders nie! My uurglas loop loop uit. Die pyn in my lyf is soms te veel.

Maar dis niks vergeleke met die pyn in my hart omdat jy my verwaarloos nie. Nooit het ek gedink maande sal verbygaan sonder dat ek iets van jou hoor nie.

Selfone het mos afstand uitgewis . . .

Ek bid dat jy nie eendag dieselfde verlange en stiltes moet verduur nie.

Ek sal jou altyd liefhê, want jy’s deel van my. Geen afstand kan jou uit my hart haal nie.

– MvV

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.