Jy is ’n vrou. Jy is ’n Maria, ’n Ester, ’n Magdalena, ’n Deborah.

Ons word nie deur omstandighede, mans of situasies gebreek nie.

Dis iets wat ons so dikwels vergeet.

Af en toe moet ons mekaar daaraan herinner. Ons moet vir mekaar sê hoe ’n yster van ’n vrou elkeen van ons is.

Kettings en boeie kan ons nie vashou nie. Hartseer en pyn kan ons nie terughou nie.

Klappe en skoppe kan ons nie onderkry nie. 

Jong meisie, jy is soveel meer as jou lippe, borste en onderlyf. Weet jy nie, meisiekind, jy is gebore om te versit, besit en te verander nie?

Ek salueer elke vrou wat soggens vir werk opstaan.

Elke vrou wat haar kinders alleen grootmaak.

Elke vrou wat moeilike tye in hul bas geskop en oorwin het.

Want dit is wat ons vroue elke dag doen.

Ons wen elke dag.

Al is die uitdagings hoe erg.

Al voel dit daar is nie ’n uitkoms nie. 

Want jy is ’n Maria, ’n Ester, ’n Mag­dalena, ’n Deborah.

- Samantha van Rooy

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300. 
Kom neem deel aan die gesprek