Juan du Toit (29), skeepsdokter op ’n plesierskip

Ek en my vrou het nog altyd daarvan gehou om te travel.

’n Klomp van my universiteitsvriende wat so jaar of twee ouer as ek is, het op die skepe begin werk. Jy volg hulle mos op Facebook, en dit het baie lekker gelyk.

My vrou was nie te keen op die idee nie, want sy wou nie haar werk los nie, en ek wou dit nie sonder haar doen nie. Ek het toe so half daarvan vergeet.

Einde laas jaar, begin van dié jaar, het ons begin praat oor ons toekomsplanne, om moontlik ’n familie te begin. Ek het besef as ek dit nie nou doen nie, gaan ek dit nooit doen nie.

Sy het ingestem dat ek gaan, en alles het baie vinnig gebeur.

Ek het my aansoeke ingestuur en die werk gekry. Die oorspronklike plan was dat sy my ná twee maande sou kom join.

Maar met die coronavirus is ons planne ongelukkig in die wiele gery. Ek het die 24ste Maart gevlieg.

Die aand voor ek moes vlieg, het ek gesukkel om te slaap, en toe sien ek op social media ’n kennisgewing van die maatskappy wat sê dat alle cruises gestop word.

Ek vra toe die volgende dag vir die agentskap waardeur ek gewerk het of ek op die vliegtuig moet klim, en hulle laat weet toe, ja, asseblief ek is deel van essential manning. Dit is bemanning op die skip wat te alle tye daar moet wees.

Op pad lughawe toe laat weet hulle weer dat ek moet wag. Toe gaan daar so 10 dae verby voor hulle my vra of ek asseblief tog sal vlieg.

Ek het vinnig gepak en toe is ek op die vliegtuig. Ek en my vrou, Madeleine, woon in Worcester.

Ek het gevlieg van Kaapstad tot in Heathrow en toe tot in Miami, waar ek op die eerste boot, die Carnaval Horizon, geklim het.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Ek moes vir twee weke in kwarantyn wees en daarna is ek na die Carnaval Fascination.

Ons fokus is om werknemers van die maatskappy wat nie huis toe kan vlieg nie huis toe te neem.

Dit is mense van all over, en hulle is kelners, die mense wat in spa’s werk, casino’s, human resources. Baie Suid-Afrikaners.

Ek is nie seker hoeveel mense gerepatrieer is nie, maar dit was báie. Toe ons begin het, was daar seker so 1 200 mense aan boord; nou is ons seker so 100.

Nog nooit in die cruise-industrie het hulle so ’n undertaking gehad waar hulle die bote aanwend om hulle bemanningslede by hulle huise te kry nie.

Op een stadium het 18 van hierdie maatskappy se bote in die Bahamas bymekaargekom en bemanning met lifeboats tussen die bote rondgeskuif.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Dit is gedoen om mense van verskillende lande op sekere bote te kry.

Om byvoorbeeld al die Europeërs op twee bote te kry, mense van Afrika op een boot en Indië op een boot.

Ek dink vir baie mense was hierdie nogal ’n slegte tyd. Hulle kan nie ’n inkomste verdien nie, hulle is vasgevang op ’n boot en hulle kan nie huis toe gaan nie.

Jy kon sien die mense is regtig bly en dankbaar wanneer hulle by die huis kom.

Ons het hoofsaaklik mense afgelaai, maar in Suid-Afrika ’n dokter opgetel wat die een dokter moes vervang. En in Sri Lanka het ons ’n klomp Italianers opgetel wat bemanningslede moes vervang.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Ons het nie enige covid-19-gevalle op die boot gehad nie. Ons is baie streng. Enigiemand met simptome wat moontlik corona het, behandel en isoleer ons.

Ons toets hulle nie, want dit gaan nie ons behandeling verander nie. As enigiemand net ’n hoesie het of koorsig is, word hulle vir 14 dae geïsoleer.

Ons het gelukkig nog nie iemand gehad wat ernstig siek is nie en meeste van die tyd dink ek nie dit was corona nie.

Ons is maar net oorversigtig. Die isolasie-area is reg voor onder in die boot met ’n aparte ingang wat deur die mediese sentrum gaan.

Ons het ’n kamertjie wat ’n decontamination room is.

Dit is waar jy jou klere uittrek en die PPE (personal protective equipment)-klere aantrek en dan na die area gaan waar die kamers is.

Op dié boot is die isolasie-area nie so lekker nie, want dit het nie ’n venster nie. Op ander bote is dit beter en het hulle vensters, wat ’n groot verskil maak.

Almal wat ons van die boot aflaai, word ook eers getoets.

Van die lande toets die mense aan boord en wag eers vir hulle uitslae of as hulle van die boot af kom, en dan kry hulle hulle uitslae waar hulle in kwarantyn is.

Niemand van ons boot het al positief getoets nie. Ons het elke dag klinieke, twee ure in die oggend en twee ure in die middag.

Dit is vir enigiemand met iets soos ’n kopseer, ’n arm wat gestamp is of wat chroniese medikasie nodig het.

Dit is primêre gesondheidsorg. Ek het gekom met die wete dat dinge bietjie anders gaan wees, maar ek dink in my agterkop het ek gedink die cruises sal net vir ’n maand of so uitgestel word.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Ek weet nie of ek naïef was om te hoop hulle maak dit weer oop nie.

Ek was baie onseker of ek steeds moet kom en of ek moet bly.

Maar ek het besluit ek moet kom, want ek het ’n commitment aan die maatskappy gemaak en het besluit om daarby te hou.

Die hoofmotivering was om te travel en ander plekke te sien.

Ek het darem steeds ’n paar cool plekke gesien soos St. Eustatius; dis ’n klein Nederlandse vulkaniese eiland in die middel van die Caribbean waar ons brandstof ingegooi het.

Ons was in Barbados, en dit was nogal ’n ervaring om deur die Suezkanaal te gaan om te sien hoe dit werk.

Dit is lekker werksomstandighede. Almal saam met wie ek werk, is regtig vreeslike nice mense.

Juan en ’n skeepsingenieur van Bulgarye, Nikolai M
Juan en ’n skeepsingenieur van Bulgarye, Nikolai Mladenof Dimtsjof. Hier is hulle voor die brug wat Afrika en Asië verbind. Foto: Verskaf

Die kaptein is ’n baie nice ou. Hy is ’n jong Italianer. In die aande speel ’n groep van ons bietjie krieket. ’n Klomp van Indië en ’n ou van Brittanje. Ek is al Suid-Afrikaner.

Hulle het vir ons die swembad vol seewater gemaak en ons kan darem bietjie tan ook, veral omdat ons nou in die Mediterranean is.

Jy gesels met almal en hoor hulle stories.

Jy leer mense ken van all walks of life. Op die oomblik is my sign-off date 16 Augustus, maar dit kan verander, so ons kyk maar.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Sover ek kan onthou, wou ek nog altyd ’n dokter gewees het.

Ek dink die feit dat ek kanker gehad het en baie met dokters en mense in die mediese beroep in aanraking was, het ’n rol daarin gespeel.

Ek is in 1995 met kanker gediagnoseer.

Ek was vyf jaar oud. Ek het begin siek raak en my ma het my na die GP op De Aar gevat.

Ek is in Hopefield gebore, maar ek het hoofsaaklik in die Karoo, in De Aar, grootgeword. Hy het gedink ek het ’n vergrote milt.

Ons is daarna Kaap toe, na die Panorama Mediclinic. Hulle het gesien daar was ’n gewas op my linkernier.

Ek is die 27ste Maart geopereer en het chemobehandeling by Tygerberghospitaal gekry.

Ek kan redelik baie daarvan onthou. My ma was die heeltyd by my. My broer en my pa was by die huis in De Aar.

Dit was ’n moeilike tyd, maar ek dink meer vir my ma as vir my. Ek was maar klein.

As student het ek deur pediatrie by Tygerberg roteer, en van die dokters en verpleegsters wat daardie tyd daar was, is nog steeds daar. Hulle het nog steeds my ou lêer met ’n foto van my daarin.

Ek dink my familie het ook ’n invloed gehad op my besluit om ’n dokter te word. My oupa was ’n ginekoloog, en my oom is ’n ortopeed.

Sy vrou is ’n internis; beide my oumas was susters, en my ma en haar suster is ook susters.

Ek is bly ek is ’n dokter. Dit is lekker om ’n werk te hê waar jy mense kan help en hulle kan laat beter voel.

Ek het my vrou ontmoet in my eerste jaar op ’n aand uit in Springbok Bar.

Een van my goeie vriende het haar aan my voorgestel. Ons gaan uit sedert daardie ontmoeting.

Wanneer ek terug is, sal ek net graag rustig ’n vuurtjie saam met my vrou wil aansteek.

Ek het klaar vir haar gesê ek wil ’n Karoo-lamstjoppie, sosaties, wors en ’n braaibroodjie hê. En ’n lekker wyntjie drink. 

Kom neem deel aan die gesprek

 Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.