My ma bly nou al 14 jaar saam met my. Saam het ons my pa begrawe. Ek het geskei, getrou en weer geluk gevind. Ma was saam met my bly.

Maar die “sprokie” is lankal verby. En nou maak my ma my lewe ’n hel.

Sy minag my huisreëls; speel baas.

Hoekom, ma?

Ek betaal ma se rekeninge, neem ma met vakansies en na restaurante.

Ma, waar is my tyd, ma?

Ma het heeldag ’n versorger, maar dis nie genoeg vir ma nie.

Wanneer het ma in hierdie klouerige, selfsugtige mens verander?

Ma, ’n mens kan net soveel verduur. Grimering kan nie meer die pyn wegsteek nie.

My siel gaan daagliks bietjies-bietjies dood. ’n Stille dood, nes my huwelik.

– O van S

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.