Om met ’n vragmotor op die langpad te wees hou jou op jou knieë.

Soggens dank ek die Here vir nog ’n veilige nagrus en dat ons op ’n ander pragtige plek kan wakker word.

Dan loop ons om die vragmotor en kyk of die wiele nog almal daar is.

As dit is, is ons dankbaar. As dit nie is nie, is ons dankbaar dis net die wiele wat weg is.

Daar’s ’n kameraadskap tussen vrag­motorbestuurders wat jy net ken as jy agter die stuur van ’n vragmotor is.

’n Kameraadskap en respek wat hulle nie kry van die mense vir wie hulle hul tyd en families opoffer nie.

Mense soos die ongeduldige mevrou wat haar pakkie vandag wil hê.

Sy oorweeg nie eens die moontlikheid dat die bestuurder in ’n ongeluk was of die vragmotor langs die pad gebreek het nie.

Maar niks hiervan maak saak nie, want as dit in jou bloed is, gaan niks jou keer om agter daardie stuur in te klim en die pad te vat nie.

Dít alles sien ek elke dag in my man. 

- Ciska Groenewald

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!