Abri Hellmuth (29), Danser en vermaakleier op ’n passasierskip

Douglas is baie klein. Jy moet mooi kyk of jy mis hom. Dit is seker so 100 km van Kimberley en so 130 km van Prieska af. Hier speel almal rugby. Dis mos Noord-Kaap. 

Abri Hellmuth het as seun nie soos sy pelle by die
Abri Hellmuth het as seun nie soos sy pelle by die rugbyveld aangemeld nie, maar dansklasse bygewoon. Foto: Verskaf

Ek het eendag uit die skool gekom en vir my ma gesê: ‘So laat ek my nie seermaak nie. Ek is nie lus vir rugby nie. Ek wil dans.’ 

Ek het in die laerskool begin dans.

Marina Klopper het na die skool toe gekom en gesê as iemand in dans belangstel moet hulle asseblief ná die tyd agterbly.  Ek en ’n paar pelle het agtergebly.

Sy sê toe, ja, die eerste klas is vanmiddag en dis verniet. Maar toe gaan net ek en net ’n klomp girls. Ek het daar ingestap en geweet it was meant to be

Ons boer met koring en mielies. Ek het altyd vir een van die werkers gevra om my dans-poses in die lande af te neem. Dan hou ons ’n photoshoot sommer met een van daai ou fone. 

My ma sê altyd sy moet ’n award kry, want haar een kind dans, die een is ’n boer en die ander een is ’n CA. Sy sê she’s done it all. The whole package

Ek het in 2009 New York toe gegaan, so ek is nou al meer as 10 jaar oorkant die waters besig. 

My pa, Abraham, is 10 jaar terug oorlede. Hy was 54.

Hy het kuns altyd waardeer. Hy sou sommer randomly vir my vra of ek nie die Michael Flatley se Lord of the Dance-video sal uithaal nie. Dan kyk ons Michael Flatley se solo saam. Dit was spesiaal.

Ek en ’n vriendin van New York het eenkeer ’n show met ’n solo en ’n groepdans in Bloemfontein kom doen. Hy het in die tweede ry gesit. Toe ek daai solo doen. Kyk, die trane het geloop.

Hy was trots. Hy ís trots.

Met ’n klein dorpie set-up was daar maar ’n paar boelies, maar weet jy wat, ek het ’n moerse lekker persoonlikheid. Almal ken my en ek het dit nie vir my laat onderkry nie. 

Julle doen wat julle doen, ek doen wat ek doen. 

Vandag kyk ek terug en ek weet – jip, follow your heart. Jy moet doen wat jy wil doen, jy moenie toelaat dat ander mense jou beïnvloed nie, want ultimately is jy verantwoordelik vir jou eie happiness.  

Abri het al die wêreld vol gedans, onder meer in N
Abri het al die wêreld vol gedans, onder meer in New York. Foto: Verskaf

Ek was op Douglas op laerskool en toe gaan ek Grey toe in Bloemfontein. Daar het ek by my niggie gedans. Sy het die Bloemfontein Dance Centre.

Ek was in matriek toe kom daar ouens van die Broadway Dance Centre in New York om ’n workshop te doen.

Hulle sê toe ek moet apply as ek soontoe wil gaan. Ek wou medies studeer, maar toe besluit ek ek wil dans, regardless.

Ek het apply en ’n week later het ek die green light gekry. Ek was op hulle International Student Visa Program.

Ek het dit vir ’n jaar gedoen en toe nog ses maande. In die meantime het ek my goed reggekry om terug na Suid-Afrika tegaan en vir ’n artist visa te apply vir NewYork.

New York is 100 persent die city that never sleeps. Jy is so overwhelmed as jy daar aankom. 

Toe ek die eerste keer daar aankom was dit Januarie en dit was yskoud. Iets soos minus 15 grade. Maar jy is net soos in: ‘Oe, dis mooi, dit sneeu, dis ’n ander wêreld.’

My ma, Marlene, het saamgegaan vir die eerste drie weke tot ek my voete kon vind en ons my verblyf kon uitstort.

Sy het aan die begin die besluite geneem. Sy vertel tot vandag toe ná drie dae het ek vir haar gesê: ‘Nou kan ma rustig sit. I got this.’ 

Nou ken ek daai subways uit my kop. Die happiness en die energy wat die stad bring – jy mis dit wanneer jy nie meer daar is nie. 

Later het ek by agt studios geteach. Ek het sewe dae ’n week gewerk, plus minus 29 klasse ’n week. Dit was baie lekker.

Ek het ook vir ’n hele paar jaar ballet company gedans. Dit was ’n full time storie, maar dit was awesome

Hy glo as ’n danser leer jy om grasieus te wees in
Hy glo as ’n danser leer jy om grasieus te wees in die beginsels van ballet. Foto: Verskaf

Op een mooi oggend het ek besluit om vir ’n werk op die Disney Cruise line te audition. Ek het dit gekry en toe vir hulle begin perform

Ek was van 2016 tot 2019 ’n danser in shows. Ek het myself opgewerk en nou is ek ’n entertainment leader wat die entertainment goed oversee en moet seker maak alles run accordingly. Ek mag ongelukkig nie daaroor uitbrei nie.  

Die bootlewe is lekker. Dit is ’n ongelooflike voorreg en lewe. Die enigste ding is jy gee mos maar tyd saam met jou familie op, maar die company maak my so gelukkig.  

Ons doen alles – Europa, US, Caribbean en al daai goeters. Jy sien die hele wêreld.

Abri voor die reuse Disney-passasierskip waarop hy
Abri voor die reuse Disney-passasierskip waarop hy as ’n danser en vermaakleier werk. Hy sê die bootlewe is ongelooflik, maar ’n mens mis jou familie en vriende. Foto: Verskaf

My gunstelingplek is Ysland in Norway. Jy weet, ek like mos hierdie land van ons. Ysland het net so ’n natuurskoon soos Suid-Afrika en my eerste konneksie daarmee is dit is soos home away from home. Jy kan relate.

Ander plekke waarheen ek al self gereis het en waarvan ek hou, is Frankryk, Italië en Spain. Die Mediterranean. Dis weer heel anders. 

Dans op alle levels is verskriklike harde werk.

Ek sou sê dit is ’n sport wat harder is as rugby. Dit is sulke intrinsieke, unieke spiere wat jy gebruik wat jy nooit anders in jou lewe sou gebruik of ontwikkel nie.

As jy hard werk in die oudisies raak dit muscle memory en later kom dit so natuurlik, then you just live

Toe ek nog geteach het, sou ek maklik agt tot nege ure ’n dag dans.

Dit hang af op watter punt in die voorbereiding van ’n show jy is. Soms moet jy ’n dress rehearsal doen, ander kere full rehearsals.

Ek doen elke dag ’n 12 minute stretch. Eers ’n lekker cardio met ’n warm-up en ’n cool down. Dit help regtig met mens se flexibility. Then the sky is the limit

Ek kyk bitter mooi na myself. Jou liggaam is jou enigste tool en daarsonder kan mens nie. Ek maak seker ek oefen. Selfs al is ek op my eie.

As ek vir twee dae nie oefen nie, dan voel dit vir my of ek nou ’n berg gaan uitklim.

My ma was ’n Griekwaland-Wes-300 m-hekkieatleet. Sy sê altyd: “Ja, ek ken daardie gevoel.” Jou liggaam vra daarvoor.

Abri vertel sy liggaam is gekondisioneer om gereel
Abri vertel sy liggaam is gekondisioneer om gereeld te oefen. Foto: Verskaf

Die afgelope paar maande met covid was vir my eintlik net soos ’n extended vakansie. Ek was by my familie en het vriende gesien en is oor twee weke weer op pad terug. 

Wanneer ek hier aankom, doen ek altyd dieselfde. Steek ’n vuur aan, braai skaaptjops en drink ’n glas wyn. Witwyn.

Dit is lekker hier op Douglas. Wanneer ek ’n paar takies in die dorp het, sal almal stop en gesels en vra hoe gaan dit. Dit is mense-mense. Dit is lekker.

Ek kom gewoonlik so een of twee keer ’n jaar Suid-Afrika toe. Ek het sterk wortels hier. Maak nie saak waar ek eendag bly nie, ek sal altyd huis toe kom en by die familie kom kuier.’

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe