My mediese skoonpa en kollegas, ook daar, is verslae. Dalk beroerte? Sy moet vinnig in Pretoria kom. Ek bel my jong dokter-broer in Pretoria van ’n telefoonhokkie af en beskryf haar toestand.
My verlamde vrou, skoonma en babaseuntjie word die volgende oggend by die Port Elizabeth-lughawe afgelaai. Ek en skoonpa het die vorige nag al gery terwyl my broer sy mediese handboeke fynkam. Meervoudige sklerose (MS) tref sy oog . . .
Ons kontak die beste dokter. Hy verwys ons na ’n dokter in Australië, en ons bel hom dadelik. Toe my vrou-hulle in Johannesburg land, pik my broer hulle op.
MS is ongeneeslik, maar met medikasie en fisioterapie kan dit vertraag word.
Vandag is sy 73 jaar oud, en ons het nog ’n seuntjie gehad. Sy het albei ons seuns grootgemaak. Sy lyk nie ’n dag ouer as 50 nie en is steeds pragtig, al sleep haar linkerbeen ’n bietjie. Ons is lewensgelukkig.
Die mediese wetenskap is ongelooflik.
HANS, EQUESTRIA
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET