Dit was my eerste keer daar, en met die tante in ’n rolstoel was dit ’n uitdaging. Maar ek het hoflik om hulp gevra en is vinnig en vriendelik gehelp.

Terwyl ons vir die dokter gewag het, het ek gehoor en gesien hoe ongeduldige pasiënte die verpleegsters en ander personeellede skel oor wie eerste gehelp moet word.

Jy kon sien die hospitaalwerkers wou hulle soms vererg, maar het kalm en geduldig gebly.

Gou was dit ons beurt. Die dokter was fantasties en het besluit my buurvrou moet opgeneem word.

Hy het aan ons beduie hoe om by die saal te kom. Daar het die simpatieke werkers die rolstoel oorgeneem en die tante in die bed gekry.

Die dokter was ook sommer vinnig byderhand. ’n Mens hoor gedurig slegte dinge oor staatshospitale. Maar hulle kan maar net soveel doen.

Waardeer hulle eerder as om so te kla. Dot, Suidkus

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.