Môreoggend lê die boek toe op die bedkassie. Klaar ­gelees. Dan vertel hy my terwyl ons koffie drink en tande borsel watter aksie in die blaaie ontvou het.

Dit voel vir my ek kan ons verhouding meet in “Deon Meyers”: Proteus en Infanta hier in die beginjare toe ons jonk en verlief was; Onsigbaar en 13 Uur toe ons saam in ons eerste huis ingetrek het; Kobra net ná die koms van ons eerste seuntjie; Koors toe ons tweede een kom.

Toe ons kinders nog piepklein was, het hy partymaal snags met ’n flits lê en lees – slapende baba soms op sy bors.

Nou het Bennie Griessel by sy Alexa ingetrek en Deon is verloof aan sy Marianne, en daar’s ’n nuwe boek vol speurderstreke en skelms op pad.

Lees ons onderhoud met Deon en die eerste hoofstuk van Prooi (op die rakke van 22 Oktober).  Hoofstuk twee verskyn in volgende week se uitgawe.

Ook op die rakke van 22 Oktober is Weerklink van ’n Wanklank, die komediant Pieter-Dirk Uys se boeiende nuwe memoires.

Pieter-Dirk Uys se boeiende nuwe memoires.

In dié uitgawe verskyn ’n aangrypende uittreksel waarin hy vertel van die selfdood van sy ma, ’n Joodse pianis wat voor die Nazi’s moes vlug, en sy vriendskap met die ikoniese aktrise Sophia Loren. Dis leesstof wat jou selfs laatnag vasgenael sal hou.