Hy het my soos ’n lappop deur die lug geswaai. Ek kon hoor hoe my been in sy kake breek. Ek het gedink die uitkoms van die aanval gaan die dood wees,” is hoe die afgetrede mynwesedosent op die angs­wekkende tweegeveg in die Olifantsrivier tydens ’n gesinsvakansie ­onthou.

Peter Knottenbelt. Foto: Papi Morake

Dit sit nie in elkeen se broek om ’n krokodil se kop vas te hou en sy oë te probeer uitgrawe wanneer die groen gedierte jou in sy kake wil vasklou nie  – en Peter is boonop 71 jaar oud.

Maar selfs ná die verlies van sy been swem hy elke dag ’n kilometer om fiks te bly.

Dit is karakters soos dié – taai, optimisties en veerkragtig – wat ’n mens laat glimlag oor die goeie dinge wat die lewe nog kan inhou, selfs al lyk dinge soms donker.