Ons skryf al weke lank oor die talentvolle akteurs in dié fliek, Vergeet my nie, maar die ware sterre is die Huisgenoot-lesers wie se liefdesverhaal die inspirasie vir die draaiboek was.

Ek is baie dankbaar teenoor Mardaleen en Hugo Derks van Namibië wat hul spesiale storie met ons gedeel het, en dit vul my met vreugde om hierdie pad saam met hulle te stap.

Hul storie is natuurlik hier en daar (soms net ’n bietjie, ander kere baie) vir die silwerdoek aangepas – die fliek is immers eindelik fiksie, nie ’n dokumentêr nie.

Maar hul ware verhaal was die saadjie waaruit hierdie heerlike goedvoelfliek kon groei – en dit het só mooi gegroei! Dankie ook aan die uitstekende akteurs in die rolverdeling, die span van The Film Factory, wat die fliek gemaak het, en kykNET, ons fliekvennoot wat alles moontlik gemaak het.

Dit was ’n groot plesier om te werk saam met elkeen van die mense wat so toegewyd is om Afrikaanse kykgenot van wêreldgehalte te maak.

Die fliek begin op Valentynsdag, 14 Februarie, landwyd wys – bespreek sommer nou al jou kaartjies!

Kontak ons
  • Kontak my by redakteur@huisgenoot.com
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd is.
  • As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombudsman by 011-484-3618 of pressombudsman@ombudsman.org.za.
  • Het jy nuusvoorstelle? Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels.