Week ná week vertel ons stories van gewone mense met wie ongewone dinge gebeur.

Toe Nadine en Shaun Lean van Welkom mekaar in 2007 ontmoet het, het hulle nooit geweet wat hulle apart en saam sou beleef voor hul eindelik sáám geluk sou vind nie.

Hul besonderse kronkelpad sou dié twee lei na ’n buite-egtelike verhouding, die dood van ’n kind en ’n motorongeluk wat Nadine se lewe onherroeplik verander het.

Chad le Clos en Jeanni Mulder. Foto: Misha Jordaan
Chad le Clos en Jeanni Mulder. Foto: Misha Jordaan

Op ons voorblad pryk twee sportsterre – Akker van der Merwe (Haairugbybreker) en Chad le Clos (Olimpiese swemkampioen) – wie se liefdespaaie ook nie sonder kurwes was nie.

Die Haai-haker Akker van der Merwe en Angelique Buys het op 26 Januarie afgehaak. Foto: Celeste Cilliers Photography

Akker was uitgeboul toe sy geliefde, Angie Buys, onbeplan swanger raak, en Chad het nie beplan om ’n meisie te hê voor volgende jaar se Olimpiese Spele nie – tot hy die mooie Jeanni in Londen ontmoet het.

Maar, soos vir Nadine en Shaun, lyk dit asof dinge toe uitgewerk het soos wat dit moes.

Soos Nadine so filosofies op sê: “Ons het ons obstacles gehad. Maar die Here was goed vir ons.”

  • Kontak my by redakteur@huisgenoot.com.
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd is.
  • As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombudsman by 011-484-3618 of pressombudsman@ombudsman.org.za
  • Het jy nuusvoorstelle? Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels.