Dit is ’n kyk wat wys daar is nie eintlik woorde vir alles wat hulle reeds weet en wat jy eers self sal moet beleef om te verstaan nie – iets tussen meegevoel, wysheid, huiwering en humor.

Dit sê: Jong, die dinge wat jy dink gaan moeilik wees, gaan nie so erg wees nie – maar ander dinge gaan jou onkant betrap . . . Dit is die kyk wat ek van ma’s gekry het voor my eie kinders se koms; die kyk wat ek nou kry van vroue wie se kinders reeds tieners is.

Die kyk wat ek kry wanneer ek gesels met vroue oor die lewensfase anderkant die middeljare. Dit is vertroostend en aantreklik: Dit verklap daar’s iets wat jy nog nie weet nie – ’n geheim wat jy nog moet uitvind.

Toe ek saam met my kollega Marelize Grbich gewerk het aan ons splinternuwe tydskrif Huisgenoot Vuurwarm, waarin kenners, dokters en bekendes elke aspek van die menopouse bespreek en uitstekende raad vir dié lewensfase gee, het dit vir my gevoel asof ek ’n binneblik kry op die lewensfase wat volgende vir my voorlê.

Dit was soos om toegelaat te word in die binnekring van ingeligtes.

In dié tydskrif skryf ons boekeredakteur, Elna van der Merwe, toe ook die mooiste storie van haar ervaring van hierdie fase. Haar woorde het my getref: “Meisie, jy is oukei.”

Miskien is dít wat daardie kyk in vroue se oë beteken. Hulle weet dit reeds, en jy sal dit nog besef.

  • Huisgenoot Vuurwarm is nou op die rakke.
Kontak ons
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat akkuraat, regverdig en gebalanseerd is. 
  • Het jy nuusvoorstelle? Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels.