Nooit weer sal hy enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie.

Toe die oud-Bokrugbybreker en voormalige Cheetahs-afrigter verlede jaar in ’n rooftog geskiet is, het die land asem opgehou vir sy herstel. Maar min het dié wat gehoop en gebid het dat hy oorleef, geweet dat Naka se veggees aan’t kwyn was.

Redakteursbrief
Redakteursbrief

In die eerste onderhoud in sy huis in Bloemfontein sedert die skietery aan die einde van November verlede jaar bieg hy teenoor Huisgenoot se Cyril Blackburn: “Ek wou tou opgooi; ek wou liewer sterf. Dis God wat namens my ge-fight het.” 

Maar Naka het voortgeveg en oorleef. En aan die begin van ’n blinknuwe jaar gee dit ’n mens sommer hoop.

Ja, jou Nuwejaarsvoornemens het dalk al in die hek geduik, maar jy lééf. Dalk is dit nie die moeite werd om jouself oor die klein jakkalsies te kasty nie en moet ’n mens Naka se woorde van dankbaarheid nastreef: “Ek wil nooit weer vergeet dat ek so amper nie hier was nie; nooit vergeet dat elke dag vorentoe nou moet geld nie.”

  • Kontak my by redakteur@huisgenoot.com.
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd is.
  • As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombudsman by 011-484-3618 of pressombudsman@ombudsman.org.za