Voor my kinders se koms was ek mal oor eksperimenteer met nuwe goed op die stoof en gedoentes in die oond.

My destydse kêrel – vandag my man – het een jaar vir my ’n oranje Le Creuset-pot vir Kersfees gegee en dit was so goed hy vra my om te trou.

Daardie pot was vir my mooier as enige diamant (dit is vandag nog). 

Ek was nog altyd lief vir eet, en dit voel of ek liefde met ’n diep lepel opskep wanneer ek iets nuuts voorsit.

Maar my seuntjies hou net mooi niks van enig­iets wat nie na niks proe nie.

Gee hulle iets wat my nie laat omkap van verveling nie en hulle hardloop gillend by die gang af. 

Toe een nou die dag vir die eerste keer avokado en kort daarna granaatpitte eet, het ek amper begin huil van dankbaarheid – eindelik, ’n uitkoms van spaghetti bolognese.

Ek fantaseer soms oor die geregte wat ek gaan maak wanneer hulle die dag minder skepties lyk oor enigiets wat groen en rooi is. 

Ek sal begin by die resepte in ons splinternuwe kookboek, Huisgenoot Smulkos, deur ons talentvolle kosskrywer Esther Malan.

Besoek takealot.com om dit te bestel – my oog is lank­al op die skenkelpastei op bl. 34 in dié lieflike resepte­boek.

Kontak ons
  • Kontak my by redakteur@huisgenoot.com.
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd is.
  • As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombudsman by 011-484-3618 of pressombudsman@ombudsman.org.za.
  • Het jy nuusvoorstelle? Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels. 
Kom neem deel aan die gesprek