Hy vertel haar toe ’n storie oor ’n seuntjie wat op die strand afkom op duisende seesterre wat op die sand uitgespoel het. Hy het die seesterre die een ná die ander begin optel en terug in die water gesit.

“Hoekom doen jy dit; jy kan hulle nie almal red nie?” het omstanders gevra.

Toe antwoord hy: “As ek net een kan help, help ek darem een.”

Charlene Rolls
Charlene Rolls. Foto: Argief

’n Paar aande later vertel ek dié storie met slaaptyd vir my seuntjies.

Toe ek by die oomblik kom waar die seuntjie eers verslae voor die uitgespoelde seesterre staan, wag ek ’n oomblik.

In die donker voel ek hoe my kleintjie se hart in sy borskas klop.

En toe klink twee stemmetjies gelyk op: “Mamma, hy moet hulle terug in die water begin sit!”

Ek het in die donker lê en dink ek hoop my seuns vergeet nooit daardie menslike drif om reg te maak nie; daardie begeerte om te doen wat jy kán.

Elke een seuntjie wat een seester optel, herinner honderd ander: Dís waar jy begin. 

Kontak ons
  • Kontak my by redakteur@huisgenoot.com.
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd is.
  • As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombudsman by 011-484-3618 of pressombudsman@ombudsman.org.za.
  • Het jy nuusvoorstelle? Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels.