Kritici het dadelik laat hoor: Hoe kan hulle van hul koninklike pligte versaak en terselfdertyd munt slaan uit hul titel as handelsnaam?

Hoe kon hulle die besluit aankondig sonder om koningin Elizabeth en prins Charles eers deeglik te ken in die saak?

Wie sal moet opdok vir hul veiligheid as hulle in twee vastelande nesskop? En hoekom dié houding nadat Britse belastingbetalers moes betaal vir hul troue en die herstelwerk aan die huis wat die koningin aan hulle geskenk het?

Maar hul ondersteuners het teruggekap: Dis te verstane dat ’n moderne paar in hul 30’s finansieel onafhanklik wil wees, self wil besluit watter werk hulle doen en watter liefdadigheidsorganisasies hulle steun en hulle nie wil laat voorskryf waar hulle moet woon nie. 

Dis ook hul goeie reg om te besluit hulle wil grense stel wat sekere besonderhede van hul privaat lewe beskerm. Die koningin was haar diplomatiese self – sy slaan immers al jare lank stilweg vure dood.

En al oorheers Megxit nou die hoofopskrifte en Britse koerantvoorblaaie, moet die monarg se landgenote begin voorberei op ’n nuwe werklikheid anderkant Brexit.

Binne die paleis word sprokies dalk waar, maar daarbuite is die regte lewe soms ongenaakbaar.

Kontak ons
  • Kontak my by redakteur@huisgenoot.com
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd is. 
  • As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombudsman by 011-484-3618 of pressombudsman@ombudsman.org.za. 
  • Het jy nuusvoorstelle? Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels.