Dit het my opgeval dat hy beklemtoon het die gesondheid van landsburgers kom éérste.

Ja, die toekoms is nog onseker en die verspreiding van die virus kan ’n impak op die ekonomie hê, het hy erken. En ja, dit kan uitdagend en ontwrigtend wees.

Maar die onmiddellike welstand van mense kom eerste. En saam sal ons die pad vorentoe uitwerk en aanpak.

Met erns, toewyding en oënskynlike kalmte het hy aanbevelings gemaak vir hoe elkeen van ons in die komende weke kan optree. En dít is eintlik die enigste manier hoe ’n mens kan kophou tydens ’n moontlike krisis.

Bly ingelig, neem besluite wat ander mense en die groter prentjie in ag neem, doen wat jy kan om koers te hou na die gedeelde einddoel, en hou moed. Dit is ’n moeilike tyd vir Suid-Afrika, en ook vir die res van die wêreld.

Maar ons weet wat om vandag en môre te doen, en saam sal ons die oplossings vir die uitdagings daarna uitwerk. Kyk mooi na jouself en na die mense op jou pad.

Ons kan dalk vir ’n ruk meer afgesonder wees van mekaar, maar ons is nie alleen nie.

– Yvonne

Kontak ons
  • Kontak my by redakteur@huisgenoot.com
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd is. 
  • As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombudsman by 011-484-3618 of pressombudsman@ombudsman.org.za. 
  • Het jy nuusvoorstelle? Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels.