Nes soveel ander vroue wêreldwyd het ek dit iewers in my laerskooljare gelees, en die karakter Jo Marsh en haar drie susters het vir my soos ’n verbeelde vriendekring gevoel. Eers jare later sou ek die gedigte van Alcott se tydgenoot Emily Dickinson (1830-1886) lees.

Die eerste reël van veral een bly my by: “My life had stood – a loaded gun . . .” Die gedig gaan nie oor geweld nie, maar oor die woede van kreatiewe frustrasie. Want Emily Dickinson, Louisa Alcott en Little Women se Jo het geleef in ander tye as vandag.

Nog een van hul tydgenote, George Eliot – die skrywersnaam van Mary Ann Evans (1819-1880) – het die binnelewe van vroue van die tyd treffend in haar boek The Mill on the Floss beskryf: “What was it, he wondered, that made Maggie’s dark eyes remind him of the stories about princesses being turned into animals? . . . I think it was that her eyes were full of unsatisfied intelligence, and unsatisfied, beseeching affection.”

’n Vrou mág haar kreatief uitleef – waar en hoe sy dan nou ook al wil, soos die hoofkarakter in ons nuwe fliek, Vergeet my nie, glo. Dit is ook haar keuse wat sy met haar lewe wil doen.

“Satisfied intelligence” neem verskillende bevredigende vorme aan. Daar kan vandag baie dinge in ons oë blink – soms gelyk, soms op verskillende tye.

Solank dit ons eie binnewêreld weerspieël en nie net die lewe van ander nie.