So praat Lexi Austen oor Shimbungu, die africanishond wat harte in Suid-Afrika en ons buurland Namibië aangegryp het met sy onblusbare wil om te lewe.

Hy is maar net sewe maande oud, maar ’n tref-en-trapongeluk het Shimbungu – wat “hiëna” in Oshiwambo beteken – so vermink dat beelde van die gekwelde hond wat sy agterlyf in die Namibiese sand agter hom aansleep, wyd in die sosiale media gedeel is.

Die vegtertjie se volharding het die aandag van barmhartiges getrek, en ná sy erge beproewing, is Shimbungu nou veilig by Lexi se dierehawe naby die Hartbeespoortdam in Noordwes.

Soms lyk dit vir Lexi of daar ’n glimlag op sy gesig speel.

Dalk weet Shimbungu sy “hondelewe” is nou vir goed verby?

“Toe ons die krat oopmaak,” onthou Lexi oor Shimbungu se aankoms in Suid-Afrika, “het hy net sy kop opgelig en ons met ’n groot, dankbare glimlag aangekyk.

“Asof hy weet hy is eindelik veilig.”

  • Kontak my by redakteur@huisgenoot.com.
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd is.
  • As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombudsman by 011-484-3618 of pressombudsman@ombudsman.org.za
  • Het jy nuusvoorstelle? Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels.