Dan werk ek myself op met hierdie verdoemende gedagte en daardie gesonde doelwit en begin opnuut met allerlei dinge om die sweet te laat tap. Tydens die eerste drie weke van die inperking wou ek keer dat die lockdown vir ewig om my heupe kom sit en het ek smiddae sommer my eie oefenroetine in die tuin gevolg.

My kinders het gelag vir my lomp squats en star jumps, en later het ek eerder op en af in die tuin gestap – honderde kere net om ’n halfuur of uur lank te beweeg. Dit het, helaas, nie gehou nie. Nou stap ek saam met my kinders deur die buurt, maar dis eerder drentel as drafstap.

En weer het my hartklop die gevoel van versnelling vergeet. Ek het my gimlidmaatskap ’n paar jaar gelede gekanselleer toe ek aan myself moes erken ek gaan nooit weer my neus by die deur insteek nie, maar dis weer tyd vir ’n ingryping, want só kan dit nie aangaan nie.

’n Mens is darem wraggies nie gemaak om net op die bank te lê met ’n koppie tee en ’n stukkie beskuit nie.

Huisgenoot se nuwe aanlyn oefenprogram vir besige vroue is nou beskikbaar – dis ’n volledige oefenprogram wat jy tuis kan volg as jy spartel met dieselfde stryd as ek.

Besoek Geen Gim om aan te sluit. Dit kos net R495 – ’n eenmalige bedrag – om aan te sluit.

Ook ek gaan weer probeer om dit dié keer vol te hou!