Ná ’n rukkie skop hy sy bene voor hom uit en lê terug teen sy rugsak – lekker rustig bekyk hy die wêreld vanuit sy sit-lê-posisie.

Ná ’n rukkie stap die skoolhoof oor na hom toe en vra hom of hy oukei is so op sy eie. “Wil jy nie daar anderkant by die ander maatjies wees nie?” vra sy hom.

“Ag,” antwoord hy en beduie terug na die res van die klas, “dit raak alles net te veel.” My oulike kind, dink ek toe die skoolhoof my dit later vertel, ek verstaan so goed hoe dit voel. Soms raak alles waaragtig net te veel.

Lees in hierdie week se tydskrif die skrywer Oliver Burkeman se insiggewende gedagtes oor hoe jy vir jouself ’n spreekwoordelike rugsakkie kan nadertrek en jou rustig eenkant kan heroriënteer wanneer die geruis van die lewe oorverdowend raak.

Of ’n mens nou vyf of 50 is, ons almal voel soms maar so!

– Yvonne

Kontak ons
  • Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalistiek wat akkuraat, regverdig en gebalanseerd is. 
  • Het jy nuusvoorstelle? Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels.