’n Mens kan nie anders nie as om weer moed te skep nadat jy die onderhoud met die wyle bokslegende Corrie Sanders se dogter, Marinique, gelees het (Huisgenoot 5 November 2020).

Hy het haar altyd belowe vir haar het hy so lief, hy sal sy lewe opoffer om hare te red.

Vir Marinique het haar pa se woorde eers die aand van sy dood betekenis gekry, want as jy die dogter van ’n vername bokser is, dink jy jou pa is onsterflik. ’n Superheld. Tot hy voor jou doodgeskiet word.

Maar agt jaar later het sy geleer dat dié ondenkbare seer en verlies mettertyd ook draagliker kan word, en dis dié wysheid van haar wat jou in uitdagende tye weer laat hoop: “ ’n Dag en ’n week en selfs twee weke later is almal nog besorg. Maar ’n maand later het ander vergeet van die seer. Dis net vir jou blywend. Jy besef die wêreld gaan nie vir jou wag nie; dat jy geen ander keuse het as om maar weer op te staan nie.”

Yvonne
redakteur@huisgenoot.com

Kom gesels saam

Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat
ons verbind tot joernalistiek wat waar, akkuraat, regverdig
en gebalanseerd is. As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombudsman by 011-484-3618 of
pressombudsman@ombudsman.org.za.

Het jy nuusvoorstelle?

Stuur e-pos na awessels@media24.com of bel 021-406-3309 met voorstelle vir artikels.