Hy sou my waarskynlik aankyk met dieselfde afgryse as toe ek op ’n dag in 2008 aangekondig het: Ek ry gou Secunda toe om vir ons twee baba-bassethondjies te gaan haal.

Maar nes met elke nuwe wending in ons gesinslewe, sou hy dit omarm het sodra die grootste skok oor sy vrou se spontane streke bedaar. Ek wens eintlik ek het die moed gehad om ons stadslewe vir ’n ruk vir ’n swerwersbestaan te verruil.

Ek was nog altyd lief vir die langpad en vir onverwagte avonture in afgeleë uithoeke; daarom laat stories soos dié van die Alfino’s my wonder: Yvonne, wat dóén jy met jou lewe?

Miskien, miskien . . . ’n Mens weet nooit. Ons sal sien.

Yvonne Beyers (redakteur)

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.