Toe Suid-Afrika die strengste inperking ter wêreld beleef het, moes jy daardie veiligheid prysgee om die coronavirus trompop te loop. Tydens covid-toetsveldtogte is jy soms sleggesê, weggejaag of soos die pes vermy.

Tog was jy die volgende oggend weer met seer voete en ’n glimlag terug op jou pos. Omdat jy ’n verskil wou maak; en jy hét! 

Ander het moed en hoop gekry omdat jy vir jou werk opgedaag het.

Jy moes wind, koue, son, stof en die virus trotseer. Jou positiewe ingesteldheid en humor het die gemeenskap of ’n kollega wat daardie dag swaar trek, opgekikker.

Ek sou wat wou gee om jou ’n bonus en ’n medalje in die hand te stop. Maar vir eers moet jy tevrede wees met ’n “dankie”.

Dankie vir jou opofferings ten spyte van jou eie vrese – en soms ten koste van jou en jou gesin se gesondheid. Mag jy lank ná die nagmerriejaar van 2020 steeds die respek en eer (en verhogings) kry wat jy verdien.

ANONIEM

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief.@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  • Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1.