As jy die verkeerde besluite in die lewe neem, moet jy seker wees jy gaan die gevolge daarvan dra (Derick se ‘trane’ & ‘ongeluk’, 24 Januarie 2019).

Daarom kan ’n mens Karlien van Jaarsveld nie verkwalik vir haar optrede nie, want vir enige ma is haar kinders haar eerste prioriteit.

Maak nie saak wat nie. My raad aan Derick is dat hy introspeksie oor sy lewe doen.

Hy moet gaan sit en besluit wat vir hom belangrik is.

Dan moet hy homself optel uit die donker plek waar hy tans is en die beste maak van die situasie waarin hy hom bevind.

Die situasie waarin hy is, raak nie net vir hom nie, maar ongelukkig ook vir Nádine.