Wanneer “die lewe” jou rondstoot en seermaak, wil jy in jou dop inkruip en verdwyn.

Maar dit help nie, want dikwels is die probleme van “die lewe” eintlik probleme binne-in ons.

Al manier om dit te oorkom is om dit te konfronteer. Vlek alles oop. Kyk wat pla.

Sodra ons weet waarna ons kyk, kan ons dit met daardie kennis oorwin.

Maar as ons dinge in die donkerte laat en nie in die lig van selfondersoek uitpak nie, sal ons net weer eendag daaroor struikel.

Sonder dié inligting en kennis is ons dom, weerloos en onseker.

Dikwels is die probleme van “die lewe” eintlik probleme binne-in ons

Ons pogings om weg te kruip vir gewaande vyande van buite, maak ons net ’n makliker teiken vir die vyand wat binne-in ons skuil.

En so word ons net banger vir die lewe. Skyn ’n lig na binne.

Leer ken en verstaan dit wat jy in daardie binnehoeke sien.

En wanneer jy, gewapen met daardie kennis, die probleem binne-in jou begin bestuur en oorkom, sal dit ook makliker word om die lewe se uitdagings te bestuur en oorkom. Monica Maartens, Putfontein

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.