Elmboogstamp en oogkontak oor gesigmaskers laat my leeg voel, al verstaan ek as mediese suster die nodigheid daarvan.

Jong mense kyk na ons oueres met vraende oë terwyl hierdie seer en onwerklike pandemie woed.

Ek wil my geliefdes omhels en hul veilige aanvaarding voel. Maar gister het ook ek in afsondering 62 jaar oud geword. My isolasieverjaardag was vol virtuele drukkies, woordpleisters, blomme en liefde.

Ek kon ondanks die gedwonge afstand my kop gisteraand op ’n vars kussing neerlê wat nog na Sta-Soft ruik, die duvet oor my skouer trek, en met ’n glimlag in my hart in ’n kokon van liefde aan die slaap raak. Al het ek jou nie fisiek kon aanraak nie, het jy, julle, my menswees gevoed.

Dis ons verantwoordelikheid om mekaar virtueel aan te raak en mense se harde dae sagter te maak. My Pa verteenwoordig omgee, en ons as Sy kinders moet ons aanraking op ander se lewe laat.

Dankie aan almal vir my heerlike virtuele birthday.

SANETTE BARNARD, STRAND

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.