Die dokter het gesê ek sal nie weer kan loop, sport beoefen of dans nie.

Wonderbaarlik het ek weer leer loop, eet, bad, stort en tande borsel. Ná drie maande kon ek skryf. Ek kan net nie hardloop nie. 

Die dokters kon nie dié wonderwerk verklaar nie. 

Ongelukkig is ek met die verskriklikste pyn gelaat. Ek drink soggens en saans sterk skedule 5-medisyne. Ek kan bloot nie daarsonder nie.

My fisieke vermoëns het oornag verswak.

Soms het ek nie geld gehad om vir behandeling te gaan of die pyn te verlig nie.

Omdat ek soos tevore lyk en mense nie my pyn sien nie, moes ek mettertyd leer om alleen met die neuropatiese pyn saam te leef.

Ek het met tye depressie gehad weens die chroniese pyn. 

Soms het ek nie geld gehad om vir behandeling te gaan of die pyn te verlig nie.

Ek moes myself uit ’n donker put optrek en het ondanks die pyn begin gim toe gaan.

My geloof in God het my ook elke keer nuwe hoop gegee.

Die tye dat my medisyne op was, het ek so sleg gevoel dat ek nie meer wou leef nie. Ek kon die werklikheid nie hanteer nie.

Ek besef medikasie help nie vir som­mige mense nie en ander kan dit dalk nie bekostig nie. 

Maar die Here sal jou nooit bo jou kragte versoek nie. As jy bedoel is om nog te leef, sal jy altyd ’n uitkoms hê om die pyn te kan verdra. 

Ek kan nie saamstem met diegene wat selfdood as ’n “waardige dood” beskou nie. Selfdood gaan jou situasie nie noodwendig verbeter nie.

Om jou lewe te verkort is nie die antwoord nie. 

Dalk is jy nog hier op aarde om ’n rede; om vir iemand anders dalk iets te be­teken, om ’n sekere taak te verrig of ’n ­roeping te vervul.