Dis omdat my kussing en nek klam is van die sweet in die middel van die winter. Al slaap ek poedelkaal.

In die badkamer vermy ek die ouderdomsvlekke op die gesig in die spieël, maar kyk in die breër middellyf vas. Alles pak mos daar saam. Genugtig, dis nie ’n mooi prentjie nie en ek maak eerder my oë toe – en loop in die deurkosyn vas.

Eina! Nou is manlief boonop wakker van die lawaai. Vinnig kombuis toe om water te gaan drink, maar daar gekom, roep die yskas my.

Nog ’n happie in die mond, nog ’n kilo op die heupe, en o wee, die klere wat reeds nie pas nie.

Dit is net waaiers en dun klere in die kas.

Wanneer sal ek dan weer my lekker jas kan dra? Vir seker nie in dié fase van my lewe nie.

Menopouse, jou aaklige ding, jy’t my lewe kom steel.

– Meisie van so 52

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.