Hy was ’n paar dae lank in ’n koma voor hy gesterf het, en in daardie tyd het geweldig baie mense hom in die intensiewesorgeenheid kom besoek waar hy in afsondering gelê het.

Ook op sy sterfdag het ek my verwonder aan hoeveel mense van hom kom afskeid neem het; ek kon dit beswaarlik glo. Maar in die drie jaar ná my man se dood en roudiens het nie een van daardie mense my kom besoek nie, net enkele vriendinne.

Ek woon alleen in ons huis en wonder net wat ek verkeerd gedoen het.

Dit voel voorwaar of ek melaats is.

Vorige vriende kom ook nie meer nie, en enkellopende vriende van my man loop draaie om my! Ek het nooit so iets verwag nie. Ek treur baie.

As iemand se geliefde sterf, gaan ondersteun daardie persoon en simpatiseer kortliks, maar moenie vertel van jou eie geval of iemand anders s’n wat erger is as daardie persoon se trauma nie, want dit troos nie.

Ek weet nou elke oorlewende treur en almal voel nie eenders nie.

WEDUWEE

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.