Ek is ’n 80-jarige weduwee wat alleen en heeltemal onafhanklik in my huis woon. Ja, jy het reg gehoor. Ek bly in my eie huis – nie in ’n aftreeoord of ’n veiligheidskompleks nie. Ek het nie mure om my huis nie en het dit nog nooit nodig gehad nie.

Ek geniet my vrye lewe en is altyd hier by my huis aan die gang. Julle het egter vir die eerste keer die gevoel van eensaamheid oor my laat kom.

Sodra die beurtkrag inskop, daal ’n donker eensaamheid oor my.

Ek het my lampies wat met batterye werk. Ek gebruik kerse ook . . . Maar niks kan my opvrolik nie.

Dit is daar in die donker dat ek besef het hoe alleen en eensaam ek eintlik is.

Want weens jul beurtkrag is daar ook nie ’n enkele geluid in die huis nie. Nie net vat julle my krag weg nie; julle laat my ook geheel en al hulpeloos voel.

– Anja

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300