Tien lengtes in die swembad was niks. Ek kon ure lank in die winkels in­kopies doen. Tot op ’n dag.

Dit het die dokters drie jaar geneem om vas te stel wat fout is met my. Nog ’n jaar om gesond te word.

Ek was 16 toe dit begin het. Ek word nou 21.

Liewe dokter, as jy net omgegee het. As jy net moeite gedoen het, kon die pyn en lyding verhoed gewees het.

Maar jy het nie omdat ek nie ’n mediese fonds kon bekostig nie. Ek sal nooit weer ’n normale lewe hê nie.

Ek dra steeds ’n pruik, want ek kry te skaam vir die kort hare wat uitgroei. Chemoterapie sal ek nie my grootste vyand toewens nie.

Ek het kanker oorwin, maar dit het my linkerlong en 20% van my regterlong gesteel. Ná vier jaar van hel is die kanker nou in remissie.

Ek was ’n tiener. Ek het soveel misgeloop. Nou gaan ek leef.

Dankie, Heer, vir ’n asem.