Het jy diabetes of ken jy iemand wat dit het? Hier is ’n paar interessante feite. Ons help jou vinnig op die hoogte kom.
- Weet jy diabetes is die naasgrootste oorsaak van dood in Suid-Afrika? Sowat 422 miljoen mense wêreldwyd het diabetes.
- Dit tas jou liggaam se vermoë aan om die energie te gebruik wat in kos voorkom.
- Diabetes is ’n chroniese, lewenslange toestand sonder genesing, maar lyers kan steeds ’n vol, gesonde lewe lei.
- Die simptome sluit in: ’n Gereelde behoefte om te urineer, uiterse dorsheid, wonde wat stadig genees, ’n droë mond en jeukerige vel, vinnige gewigsverlies en wasige sig.
- Daar is drie hoofsoorte diabetes: tipe-1-diabetes, tipe-2-diabetes en swangerskapsdiabetes.
- Tipe-1-diabetes verwys na ’n gebrek aan insulienvervaardiging, terwyl tipe-2-diabetes deur die liggaam se ondoeltreffende gebruik van insulien gekenmerk word.
- Swangerskapsdiabetes word deur verhoogde bloedsuiker tydens swangerskap gekenmerk.
- Tipe-2-diabetes is veel algemener as tipe-1-diabetes en is vir sowat 90% van alle diabetes wêreldwyd verantwoordelik.
- Die behandelings is onder meer dieet, oefening, medisyne – en insulienterapie wat tipe-1-diabetes betref.
- Prediabetes beskryf ’n verhoging in bloedsuikervlakke wat nog nie heeltemal hoog genoeg is vir ’n diagnose van tipe-2-diabetes nie, maar eerder as ’n waarskuwing dien. Gesonde leefstylveranderings sal diabetes verhoed.
- ’n Gebrek aan bewustheid oor diabetes, tesame met onvoldoende toegang tot gesondheidsdienste, kan tot blindheid, amputasie en selfs nierversaking lei.
Kry jou eksemplaar van ons nuwe Diabetes-tydskrif vir nuttige wenke, inspirerende stories en smaaklike resepte om ’n gesonde leefstyl te help bevorder.
Koop joune nou aanlyn, in winkels of bestel ’n eksemplaar deur ’n e-pos na koop@huisgenoot.com te stuur of 021-406-4962 te bel.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET