Die somer is hier en as jy lus is vir ’n bietjie verandering met ligter etes en kitsgeregte met daardie “sjoe”-effek, het McCain net die ding vir jou.

Jy hoef nie ’n sjef te wees nie; gebruik net gehaltebestanddele en eksperimenteer met geure.

’n Familie-ete is die perfekte verskoning om tyd saam met jou geliefdes deur te bring.

McCain is al 20 jaar die inspirasie vir gesinsetes, en bied gehalte en ’n verskeidenheid voedsame bevrore groente en aartappels. Dit word op hul varsste gevries en die veelsydige produkte behou al hul vitamiene en minerale, wat jou in staat stel om heilsame etes in ’n kits aanmekaar te slaan. Dis ook preserveermiddelvry.

Jy hoef niks in te boet wanneer jy McCain gebruik nie.

Maak sappige tjoppies, of geniet heerlike salm saam met heilsame groente.

1. HEUNING-&-KRUISEMENT-LAMSTJOPS MET AARTAPPELWIGGIES

GENOEG VIR 4-6 | BEREIDING: 15 MINUTE | MARINEER: 30 MINUTE | GAARMAAKTYD: 45 MINUTE

Bestanddele

30ml (2e) botter

5ml (1t) gerasperde gemmer 

1 knoffelhuis, fyngemaak 

15ml (1e) varsgekapte kruisement

5ml (1t) suurlemoenpeper

30ml (2e) heuning

30ml (2e) sojasous

8 lamstjops

500g McCain Original Potato Wedges

30ml (2e) olyfolie

5ml (1t) sout

2,5ml (½t) rooi peper

Metode

  • Smelt die botter in ’n pan oor matige-lae hitte en soteer dan die gemmer en knoffel vir 2 minute.
  • Haal dit van die hitte af en voeg die kruisement, suurlemoenpeper, heuning en sojasous by en meng goed.
  • Giet oor die lamstjoppies en laat dit vir 20-30 minute marineer voor jy dit vir 3 minute aan elke kant oor medium-warm kole braai, of soos jy verkies. 
  • Verhit die oond tot 180°C. Pak die McCain Original Potato Wedges op ’n groot kleefvrye bakplaat en bedruip met olyfolie en geur met sout en rooi peper. Lê die wiggies plat in ’n enkele laag - gebruik twee bakke sodat daar nie te veel in een bak is nie.
  • Bak vir 30-40 minute, draai af en toe. As dit gaar is, moet die wiggies goudbruin en bros met ’n ligte donsige binnekant wees.
  • Strooi die gevlokte seesout oor en sit voor met die wiggies, lamstjops en kruismentsous.

2. HEUNING-VERGLANSDE SALM MET GEROOSTERDE BRUSSELSE SPRUITJIES

GENOEG VIR: 4 | BEREIDING: 15 MINUTE | GAARMAAKTYD: 15-20 MINUTE

Bestanddele

1,5 L warm water 

500g McCain Brussels Sprouts, gehalveer

45ml (3e) olyfolie

4 x 200g salmfilette

2 knoffelhuisies, fyngemaak

20ml (4t) heuning

10ml (2t) rooi peper

15ml (1e) balsemieke asyn

2,5ml (½t) sout

2,5ml (½t) peper

15ml (1e) gemengde sade en neute (opsioneel)

Metode

  • Voeg die water en McCain Brussels Sprouts in ’n middelslag kastrol en laat kook. Verlaag die hitte, bedek en laat prut vir 3 minute of tot sag, maar nog ferm.
  • Verhit intussen 30 ml (2e) olie in ’n groot pan, voeg die salm by en braai vir 4-5 minute aan elke kant oor matige hitte, of tot die vis maklik met ’n vurk vlok. Skep dit uit die pan en hou warm.
  • Soteer die knoffel vir 30 sekondes in die orige olie. Voeg die heuning, rooi peper, asyn, sout en peper by.
  • Kook en roer tot goed gemeng. Sit 30 ml (2e) glaseersel opsy. Dreineer die Brusselse spruite en voeg dit met die gemengde sade en neute in die pan.
  • Kook en roer 1-2 minute of tot sag. Sit voor met die salm en bedruip met glaseersel. 
  • WENK Wees versigtig om nie die salm en McCain Brussels Sprouts te veel te kook nie, want dit is taamlik delikaat.