Om 'n woordsoekraaisel of twee in te vul is heerlik ontspannend. Dit is ideaal vir alle woordliefhebbers – oud en jonk. Om woordsoeke te voltooi bevorder jou strategiese denke en probleemoplossingsvaardighede en natuurlik verbreed dit jou woordeskat! Dis als goeie vaardighede om te hê vir enige taak wat jy aanpak. Hierdie wenke sal jou help om ’n woordsoek blitsvinnig kaf te draf en ’n bobaas-raaiseloplosser te word!

1. Twee vlieë met een klap

Ons weet dis soms lastig om vir wat na ure voel na een woord te soek. Dit is tog die uitdaging waarvan ons so baie hou – so kom ons wen! Onthou, jy ding met jouself mee. In plaas daarvan om na net een woord te soek of op 'n moeilike woord te fokus, probeer gelyk na ’n paar woorde soek. Die kans is goed dat jy ’n rits woorde in die proses gaan vind. 

2. Omkring en gaan aan

Dit kan verwarrend wees as jy die woord wat jy pas gevind het verloor terwyl jy na ’n volgende woord soek.

Ag nee! Gebruik 'n potlood om die woorde te merk wat jy reeds gevind het terwyl jy elke ry vir die eerste letter van 'n woord deursoek. Gebruik verskillende kleure penne as jy baie selfvertroue het en van ’n kleurvolle bladsy hou. 

3. Sê dit hardop!

Het jy geweet as jy die woorde hardop sê, sal jy dit makliker vind? As jy die woorde uitspreek terwyl jy daarna soek, herken jou brein dit makliker as wanneer jy net jou oë inspan. Wat 'n slim manier om jou brein ’n hupstoot te gee!

4. Gebruik die woordelys

Party mense volg liewer hul eie kop en kyk sommer of hulle woorde in die soekblok raaksien sonder om die lys te raadpleeg. Maar jy kan dit vir jouself makliker maak deur by die woordelys te hou. Die lys is om 'n rede daar, so raak vertroud daarmee en merk die woorde op die lysie af namate jy dit vind. 

5. Op jou merke, gereed, soek! 

Verklein jou soektog deur na die minder algemene letters in ’n woord, soos x, y, q, b, f of z, te soek. Of fynkam die soekblok vir woorduitgange of herhalende letterkombinasies in die woorde op die soeklysie. Jy kan dit doen!

Span jou soekvernuf in en ontspan in die woordewêreld van Huisgenoot-Woordsoek no. 7 – daar is 110 woordsoeke met heerlike temas om van te kies en iets vir elkeen in die gesin!

Koop jou Woordsoek-tydskrif nou in die winkels of aanlyn by huisgenootwinkel.com.