Is die son goed of sleg?

Aan die een kant maak die son ons gelukkig en help dit ons liggaam om vitamien D te maak. Dít help sterk bene bou en gee jou vel ’n gesonde glans. 

Aan die ander kant straal die son ultravioletstrale uit. Dié is gevaarlik en kan tot permanente velskade lei. 

Daar is drie soorte ultraviolet-( UV-) lig:

UVC-strale is die gevaarlikste. Gelukkig filtreer die osoonlaag dit uit en bereik hierdie strale nie die aarde se oppervlak nie.  

UVB- en UVA-strale word egter nie gefiltreer nie en veroorsaak: 

  • sonbrand
  • vroeë veroudering (plooie en sonvlekke) 
  • velkanker 

Velkanker is ’n werklikheid

Velkanker ontstaan wanneer die vel skielik onbeheersd begin selle vermeerder. Ongelukkig het die voorkoms van velkanker in die laaste paar jaar stadig maar seker aanhou toeneem. Dis maklik om te sien waarom: Volwassenes en kinders bring ál meer tyd in die son deur. Lang blootstelling aan die son en sonbrand verhoog jou risiko vir velkanker.  

Die goeie nuus is 90% van die gevalle van velkanker kan voorkom word deur van kleins af goeie gewoontes aan te leer. 

Maak seker jy en jou gesin is beskerm

Kyk hierdie video oor hoe om dié somer veilig te bly in die son:

Moenie ’n kompromie aangaan ten koste van jou vel nie 

Kies gehalte-sonbeskerming wat al bewys het dis doeltreffend. Eau Thermale Avène voldoen aan al die vereistes:

  • Dit bied die beste wyespektrumbeskerming (UVA- en UVB-strale word blokkeer).
  • Dit is foto-stabiel, wat beteken die doeltreffendheid neem nie af hoe langer jy dit aan het nie. 
  • Selfs mense met baie sensitiewe velle kan dit gebruik. 
  • ’n Kragtige anti-oksidant daarin beskerm jou vel teen vrye radikale. 

Beskerm jou vel, respekteer die oseaan

Het jy geweet Eau Thermale Avène se sonskermprodukte bevat die minste chemiese sonfilters op die mark en geen silikon nie? Dit beteken jy kry die beste beskerming en die formule benadeel boonop nie die seelewe nie.  

Die Eau Thermale Avène-sonskermreeks is te kry by Clicks- en Dis-Chem-apteke. Klik hier vir nog inligting.