Jou geliefde Huisgenoot-blokraaisels is nou in groot druk beskikbaar! In Blokraaie in Groot Druk no. 2 wag heerlike groot blokraaie en fotoblokraaie met leidrade dubbel so groot as gewoonlik. Hierdie uitgawe bevat altesaam 41 blokraaie wat jou heerlik sal besig hou sonder dat jy so fyn hoef te kyk.


Meer oor Huisgenoot se grootdruk-blokraaitydskrif
  • Die leidrade is heelwat groter gedruk en maklik om te lees.
  • Jy kry 17 groot blokraaie en 10 fotoblokraaie – dis dieselfde soort blokraaie as in die weeklikse Huisgenoot waarvoor talle mense so lief is. In dié tydskrif is dié blokraaie oor twee bladsye gedruk sodat jy elke leidraad maklik kan lees.
  • Daar is nóg ’n lekkerte: 14 eenbladblokraaie wat heeltemal op een blad inpas, ook met ekstragroot leidrade. 
  • Die oplossings vir al 41 blokraaie is agterin die tydskrif.

As jy versot is op woorde, maar gereeld jou bril nader trek om te lees of blokraaie in te vul, is hierdie tydskrif vir jou!

Huisgenoot se Blokraaie in Groot Druk no. 2 is nou in die winkels te koop – of besoek  huisgenootwinkel.com om dit te bestel.