Wat is die algemene simptome van atopiese ekseem?

Atopiese ekseem behels ’n droë vel en geweldige gejeuk. Tydens opvlammings word die vel rooi, vererger die jeuk en vorm klein, lekkende blasies wat lyk soos ’n kors aan die vel. Die aanhoudende gekrap kan lei tot verdikking van die vel, wat plake vorm.

Hoe verskil atopiese ekseem op verskeie ouderdomme?

Met babas en jong kinders (0-2 jaar), sal die vel gewoonlik baie jeuk met rooi, skilferige plake aan die wange en kopvel. Die doekarea word gewoonlik nie geaffekteer nie.

Ouer kinders (2-16 jaar) vertoon verdikte velplake in die voue van die arms, knieë, polse, enkels en nek.

Volwassenes vertoon ook verdikte velplake in velvoue, maar die gesig en nek kan ook geaffekteer word. 

Wat is die oorsake van atopiese ekseem?

Atopiese ekseem is dikwels gekoppel aan ’n persoonlike of familiegeskiedenis van atopie. Atopie sluit toestande soos atopiese ekseem, asma en sinusallergieë in.

In sommige ernstige gevalle van atopiese ekseem kan allergieë vir sekere omgewingsfaktore en voedselsoorte ook ’n bydraende faktor wees. 

Die epidermiese vellaag (die fisiese laag tussen die vel en die omgewing) is gewoonlik geneties verswak met atopiese-ekseempatiënte. ’n Verswakte epidermiese vellaag veroorsaak ’n verlies aan water wat lei tot ernstige droogheid. Omgewingsallergene kan ook makliker in die vel ingaan wanneer die vellaag nie behoorlik funksioneer nie.

Hoe moet ’n mens ’n atopiese vel reinig?

’n Lang warm bad of stort word nie aanbeveel nie, want dit verdroog die vel nog meer. ’n Bad of stort van 5 tot 10 minute met lou water is die beste.

Vermei die gebruik van sepe wat hard op die vel is. Kies sagte reinigers wat seepvry is of ’n oliebasis het. Maak ook seker dat dit dermatologies getoets is.

Waslappe en sponse moet ook vermy word. Gebruik eerder jou hande.

Ná die bad of stort word dit aanbeveel om die vel te lugdroog of om liggies met ’n handdoek te druk pleks daarvan om hard te vryf. 

Hoe moet ’n mens ’n atopiese vel bevogtig?

Bevogtiging is baie belangrik om atopiese ekseem te beheer en om opvlammings en die gebruik van kortisoonrome te verminder. Wend ten minste twee keer ’n dag ’n sagte bevogtigende room van hoë gehalte aan wat help om die vellaag te herstel. Daar is deesdae rome beskikbaar met ekstra voordele wat help om die vel te versterk, te streel en die gejeuk te verlig.

Dit word aanbeveel om rome te gebruik uit ’n pompaksiehouer pleks van ’n pot, om bakterieë uit te hou, wat nie goed vir atopiese velle is nie.

Is daar alledaagse wenke wat kan help met ’n atopiese vel?

  • Moenie te warm aantrek nie. Sweet kan die gejeuk vererger.
  • Dra los katoenklere en vermei krapperige, sintetiese materiaal.
  • Gebruik waspoeiers wat nie te sterk is nie, sonder reukmiddels – en vermy wasgoedversagmiddels.
  • Probeer om swemtyd in chloor en soutwater te beperk tot 15 minute. Ná die swem, was en bevogtig die vel onmiddellik.
  • Vermy die gebruik van nat lappies, veral met kinders. Dit bevat baiekeer bestanddele wat atopiese velle kan irriteer.
  • Hou jou kind se naels kort om velskade as gevolg van die krap te verhoed. Oulike handskoene help dikwels met kinders.

Raadpleeg altyd ’n dermatoloog of dokter oor hoe om die vel te behandel tydens opvlammings.

  • Inligting te danke aan dr. Eleanor MacGregor, Durbanville. Tel: 021-975-2987

Is jy op soek na dermatologies goedgekeurde velsorgprodukte om ekseemsimptome te verlig?

Avene

Die Eau Thermale Avène XeraCalm A.D-reeks van reinigers en bevogtigers bied doeltreffende verligting vir ’n droë, jukkende vel geneig tot ekseem. Alle produkte in die reeks bevat I-Modulia, wat gejeuk verminder, bestanddele wat die vellaag herstel en Avène Thermal Spring Water, bekend vir strelende, anti-irritasie-eienskappe.

Eau Thermale Avène-produkte is by Clicks, Dis-Chem, Dermastore en uitgesoekte kleinhandelaars beskikbaar.

Vir meer inligting besoek www.eau-thermale-avene.co.za.

PFZA/202005008

Hierdie inhoud is deur ’n derdepartykliënt verskaf.