Is jy altyd op soek na nuwe maniere om jou kinders te vermaak? Moedig buitespeel aan met geocaching – die speletjie wat toenemend gewild onder avontuursoekers raak.

Dis ’n prettige manier om die wêreld te verken en kinders sover te kry om buite te wees. Gaan op ’n skattejag met die regtewêreld-app – en die Land Rover Explore-buitelugfoon wat vir die taak gebou is. 

Jy kan nuuskierigheid aanmoedig terwyl julle spesifieke GPS-koördinate navigeer om die geocache-houer op te spoor, terwyl julle ’n band smee en omliggende terreine verken.

Die caches bevat kleinerige items of soms bloot ’n boek waarin klein avonturiers hul stempel kan afdruk en hul vonds bevestig.

Dit is perfek vir buitelugmense – en ouers wat hul kinders wil aanmoedig om meer buite te wees. As jy wonder of jou bestaande foon die avontuur sal kan oorleef, die Land Rover Outdoor-toestel is so taai as wat kan kom, wat dit ewe veel ’n moet vir ouers as adrenalienslawe maak. 

Klein vingers kan dit in die water laat val, die Adventure Pack versterk jou GPS-sein en batterylewe is nie ’n probleem nie – die ideale kombinasie! 

Beproef dié wenke terwyl jy geocache:

Maak jou merk

Maak dit ekstra prettig en laat jou kinders iets kleins in die cache-houer sit wanneer hulle dit opgespoor het. Enigiets van potlode en sleutelringe tot haarrekkies – net nie lekkers of bederfbare goed nie. 

Reisgereedskap

Die verseëlde caches is waterdig, dus is die goedjies veilig en reg vir jou besoek. Maar sorg dat jy ’n pen saamvat om die logboek te onderteken om jou vonds te bevestig. Asook enigiets wat jy nodig het om dit soos ’n ekstra spesiale sending te laat voel. 

Kry die foon om jou daar te kry

As jy die Land Rover Explore-buitelugfoon het, sorg dat jy die Adventure Pack gebruik om die GPS-sein te versterk om die cache makliker te vind – die buitelug-instrumentpaneel vergroot die pret verder en kan weerstoestande bepaal. Die foon se flits help jou ook om enige terrein te kan navigeer.

Skat-wenk

As jy wil weet of die cache ’n houer vir skatte het of net ’n logboek is wat onderteken word, kyk na die groottekaart terwyl jy verken.

Wen!

Werk as ’n span saam vir meer pret, leerervarings en om bande te versterk. 

Is jy geïnspireer? Ontdek van die wonderlikste geocaches ter wêreld hier en onthou om ons by jou skattejag-avonture in te haak. 

Hier’s ’n goeie aanbod op die Land Rover Explore-foon om nuwe roetes en paaie te vind. Vodacom bied kontrakpakette aan van so min as R499 p.m. (was R899 p.m.).

Hier is nog voorbeelde van hoe die Land Rover Explore-foon getoets word.

Volg Land Rover Explore op Facebook, Twitter, Instagram en YouTube vir al hulle nuus.