Het jy al patrone op die muurpapier in jou kantoor opgemerk, die trappies getel wanneer jy by die trap opstap of die vorm van ’n dier in die wolke gesien?

Dit is alles deel van ons geneigdheid om orde in ons lewe te probeer skep, en dit begin in die kinderjare.

Kinders probeer ook orde in hul lewe vind, daarom geniet hulle dit om koppies in ’n piramide te pak of vorms en blokke volgens kleur te sorteer.

Dit is alles maniere waarop hulle uit alledaagse ervarings probeer patrone maak.

Hoekom is patrone belangrik vir ontwikkeling?

Patrone help kinders volgordes leer en voorspellings maak.

Dit help hulle later in die lewe met wiskundevaardighede, logiese denke, taalontwikkeling en selfs grammatika.

Hoe ouer jou kind raak, hoe makliker sien hulle patrone en logika in ingewikkelde opeenvolgings raak, soos om die dae van die week of die maande van die jaar te ken of selfs net tot 10 te tel.  

Drie aktiwiteite om partroonherkenning aan te moedig en te ontwikkel 

1. Die ontbytpap-sorteerspeletjie

Gebruik verskillende soorte ontbytpap uit die koskas, soos Cheerios- of Milo-vlokkies Cheerios of Milo cereal, en vra jou kleuter om dit volgens kleur en vorm te sorteer. Wanneer hulle klaar is, kan hulle dit eet! 

2. Maak jou eie kleur- en patroon-“flitskaarte”

Benodigdhede: ’n hopie Lego-blokkies, ’n leë eierboksie met plek vir ses eiers, gekleurde papier of wit papier en kryte of verf in die kleure van die Lego-blokkies.

Knip of teken ses kleure op ’n stuk papier in die vorm van die eierboksie (drie bo, drie onder).

Gee dan vir jou kind die eierboksie en  die “flitskaart” met die ses kleure wat jy daarop geplak of geteken het. Vra hulle om die patroon na te boots deur die regte kleur Lego-blokkies in die eierboksie te plaas in dieselfde posisie as wat dit op die “flitskaart” verskyn.

Jy kan verskeie kaarte maak met die verskillende kleure wat elke keer op ’n ander plek verskyn.

Beloon jou kind elke keer dat hulle die patroon regkry – net om dit nog prettiger te maak. 

3. Gaan Future Park toe! 

Nido 3+ erken die belangrikheid daarvan om patroonherkenning en logiese denke in jou kind se vroeë jare aan te moedig.

Daarom het hulle met Future Park kragte saamgesmoer om jou die speletjie Connecting Block Town te bied wat patroonherkenning by kinders bevorder.

Deur houtblokke op verskillende plekke op die tafel te plaas, kan jou kind daaraan deel hê om ’n virtuele dorp te skep.

Patroonherkenning is hier belangrik, want elke houtblok skep ’n ander patroon – een sal spoorlyne skep, ’n ander een wolke wat die vliegtuie verbind en nog een ’n rivier vir bote om op te dryf. 

Future Park is by die V & A Waterfront in Kaapstad tot 31 Januarie 2018, waarna dit vir ses weke na Johannesburg sal verskuif.

Vir nog besonderhede, besoek futureparksa.

Kaartjies is by Computicket of by die deur te koop.

Meer oor Nestlé Nido 3+

Met al die leerdery saam het jou kind al hul voedingstowwe in die regte hoeveelhede nodig om te sorg dat hul brein het alles wat dit nodig het vir optinale ontwikkeling. 

Een so ’n voedingstof is omega-3-vetsure. Dit is noodsaaklik vir jou kind se brein en breinsel-ontwikkeling, wat hulle in die toekoms sal help beter leer.

Dit word aanbeveel dat jy jou kind se dieëet met omega-3-vetsure aanvul, want die algemene Suid-Afrikaanse dieet bevat nie genoeg van die vette nie.

Daarom bevat Nido 3+ omega-3- vette (DHA) – en ’n hele lys ander voedingstowwe – om jou kind se ontwikkeling te ondersteun.