Dis byna weer die tyd van die jaar wanneer families en vriende bymekaarkom om die feestyd te vier. McCain is al 20 jaar deel van Suid-Afrikaanse familie-etes. In dié tyd het daar dalk al heelwat in die land verander, maar party dinge bly altyd dieselfde en is steeds belangrik soos gesellige familiekuiers met heerlike kos en gesonde bestanddele wat maklik is om te gebruik.

Jy wil mos minder in die kombuis en meer by jou mense wees! Dis waarom McCain vanjaar dié 20 jaar-mylpaal vier met geurige, maklike resepte wat presies dít moontlik maak. McCain groente word gevries kort nadat dit geoes is, wat verseker dat al die belangrike voedingstowwe behoue bly.

Hul groente is maklik om voor te berei, is in ’n japtrap gaar, kan in verskeie geregte gebruik word en is natuurlik heerlik. Of jy nou lus het vir ’n geurige roerbraai, ’n burger en geroosterde aartappels of ’n liplekker salsa – McCain het die antwoord. 

Hoenderburger met Skinny Fries

Genoeg vir: 4-6 mense | Voorbereiding: 20 min| Gaarmaaktyd: 30 min

Bestanddele:

30 ml (2 e) olyfolie

500 g McCain Skinny Fries

15 ml (1 e) sout

HOENDERKOEKIES

500 g hoendermaalvleis

1 eier, liggies geklits

60 ml (¼ k) koekmeel

15 ml (1 e) suurlemoensap

2 knoffelhuisies, platgedruk

15 ml (1 e) soet rissiesous

15 ml (1 e) Portugese hoendersmaakmiddel

15 ml (1 e) gedroogde origanum

30 ml (2 e) olyfolie vir braai  

VIR VOORSIT

  • 6 broodrolletjies
  • Blaarslaai, tamatie, komkommer, agurkies, gesny 

Maak So:

  • Voorverhit die oond tot 180ºC.
  • Plaas McCain Skinny Fries  in ’n enkellaag in ’n oondbak of op ’n bakplaat en giet die olyfoliemengsel oor. 
  • Volg die instruksies agterop die verpakking en rooster tot goudbruin en gaar.
  • Die aartappelskyfies sal krakerig buiteom en lig en donsig binne wees. 

HOENDERKOEKIES

  • Meng al die hoenderkoekiebestanddele behalwe die olie in ’n groot mengbak.
  • Rol die mengsel in balle en druk plat om koekies te vorm. 
  • Verhit die olyfolie in ’n braaipan oor matige tot hoë hitte en braai die hoenderkoekies  6-7 minute aan ’n kant tot goudbruin en deurgaar. 

VIR VOORSIT

  • Plaas ’n hoenderkoekie, blaarslaai, tamatieskywe, komkommerskywe en agurkieskywe op elke broodrolletjie.
  • Sit die hoenderburgers voor saam met die geroosterde roosmaryn-aartappels.  

Hawaiian Steak Stir Fry met avokado   

Genoeg vir: 4-6 mense | Voorbereiding: 20-25 min | Gaarmaaktyd:12-15 min

Bestanddele:

5 ml (1 t) rooipeper

5 ml (1 t) heuning

15 ml (1 e) olyfolie 

400 g kruisskyf (rump steak), in repies gesny

1 fyn gekapte rooi-ui

1 rooi rissie, gekap en ontpit

700 g McCain Hawaiian Stir Fry

sout en peper

groen appel, ontpit en gekap

AVOKADOSMEER (guacamole)

45 ml (3 e) suurlemoensap

2 avokado’s, afgeskil en ontpit  

handvol vars koljanderblare, gekap

15 ml (1 e) sout

VIR VOORSIT

6 tortillas

gerasperde Cheddarkaas 

Maak So:

HAWAIIAN STEAK STIR FRY

  • Meng die rooipeper, heuning en olyfolie. Giet oor die vleisrepies en marineer sowat 10-15 minute. 
  • Verhit ’n kleefvrye pan ’n minuut lank oor baie hoë hitte. Plaas die vleisrepies in die pan en roerbraai 3-5 minute. Skep uit en hou warm in ’n oondbak.   
  • Braai die rooi-ui en rissie in dieselfde kleefvrye pan tot sag en gaar. Voeg dan McCain Stir Fry by en braai nog 3-5 minute tot die water weggekook is. Geur na smaak met sout en peper.  
  • Voeg die gaar vleisrepies en appel by en braai nog een minuut.  

AVOKADOSMEER (GUACAMOLE)

  • Plaas die suurlemoensap, avokado, vars koljander en sout in ’n klein bakkie en meng goed.
  • Gebruik ’n stamper of vurk om die mengsel fyn te maak tot dit ’n dik pasta vorm.  

SIT VOOR

  • Verhit die tortillas in ’n pan tot warm en sag.
  • Plaas ’n bietjie van die roerbraai in elke tortilla en sit voor met guacamole en gerasperde kaas bo-op.

MIELIE-SALSA

Genoeg vir: 4-6 mense | Voorbereiding: 10 min | Gaarmaaktyd: 5-7 min

Bestanddele:

7 ml (½ e) botter

500 g McCain McCain Corn Kernels

1 rooi-ui, fyn gekap

1 vars rooirissie, ontpit en gekap 

½ bossie vars dille

½ bossie vars koljander, grof gekap 

3 sondroë tamaties, grof gekap

1 groen soetrissie, gekap

3 vars tamaties, fyn gekap

15 ml (1e) suurlemoensap

sout en peper

15 ml (1e) olyfolie van goeie gehalte 

Maak So:

  • Verhit die botter in ’n medium grootte pan oor lae tot matige hitte.
  • Voeg McCain Corn Kernels by en braai 5-7 minute of tot goudkleurig en tot geen vloeistof oor is nie. Laat staan om af te koel. 
  • Plaas die mielies, rooi-ui, rissie, dille, koljander, sondroë tamaties, soetrissie, vars tamaties en suurlemoensap in ’n groot mengbak.
  • Geur na smaak met die sout en peper en drup die olyfolie oor.
  • Meng goed en sit voor saam met 'n braai of bedien met tortillas (resep hierbo)

Wen met McCain! 

In die gees van gee staan jy 'n kans om een van agt R1 000-koopbewyse te wen met die komplimente van McCain.

Al wat jy hoef te doen is om een van ons resepte te probeer en jou skepping te deel met die hutsmerk #growingtogether en #madewithmccain op Twitter, Facebook of Instagram.

Twee wenners sal elke Vrydag op die McCain-sosialemediaplatforms aangekondig word.