’n Jong reun wie se gesondheid in ’n baie swak toestand was, is by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Amahlathi aangemeld. 

Die hondjie het in die Amatola-plantasie rondgehardloop, en dit was ’n groot uitdaging om die siek, bang hond aan te keer. 

Maar ná sowat twee weke het die DBV hom gevang en die sorg gegee wat hy benodig het. 

Bellamy, soos hy genoem is, was brandmaer en broos.

Boonop het hy brandsiekte gehad, ’n akute velsiekte wat veroorsaak word deur parasitiese miete wat tot ’n kwaai gejeuk, haarverlies en die vorming van rowe en letsels lei.

Die DBV het Bellamy met geduld en liefdevolle sorg gesond gedokter. Hy het ses weke lank ’n weeklikse inspuiting vir brandsiekte gekry en gereeld ’n warm bad vol middels wat hom kon help. 

Hulle het hom ook met ’n reeks Regal-velsorgprodukte behandel; dié wat aangespuit word en dié wat in sy kos gemeng word.  

Bellamy het van ’n swak, senuagtige hond in ’n gelukkige, uitbundige jong hond ontwikkel. 

Hy is nou deel van die DBV se permanente familie. Hy speel graag met ’n stuk tou of ontspan op iemand se skoot en deel soene uit.

Genees jou vierpotige vriend by die huis Regal Skin Care Remedy met ’n beesvleisgeur is spesifiek geformuleer met drie doeltreffende kruie wat vir die behandeling van sowel akute as chroniese veltoestande gebruik word.

Die teenjeukkruiemiddel sal ook ­velallergieë, insluitend vlooibyte, ekseem, ­uitslag en velinfeksie help behandel.

Regal Skin Healing Spray help vir ’n jeukende, rooi, rou en geïrriteerde vel weens allergieë of infeksie en help ook geringe wonde, skrape en insek­byte genees. 

Kyk na die volledige reeks by regalpethealth.com.