Reddingswerkers kon die geharde Cat® S61-slimfoon se geïntegreerde termiese beelding gebruik toe hulle onlangs op ’n padongeluk gereageer het. Die Emergency Disaster Response (EDR)-span wat in die Tuinroete gebaseer is, het onlangs laat in die nag by die motorongeluk gehelp waar hulle ’n bewustelose man in ’n voertuig gekry het.

’n Op en wakker spanlid het opgemerk daar was moontlik meer insittendes betrokke – op grond van die besittings wat nog in die voertuig was. ’n Algemene soektog met flitsligte het niks opgelewer nie, maar deur die termiese kamera van ’n Cat S61 te gebruik het hulle gou twee hitteaanduidings gevind. Dit het hulle na twee gewonde slagoffers gelei wat uit die voertuig geslinger is en in ’n kritieke toestand was. 

Die Cat-foon se termiese beelding vorm ’n hittebeeld met infrarooi bestraling soortgelyk aan gewone kameras wat ’n beeld vorm deur sigbare lig te gebruik wat voorwerpe en mense weerkaats. Dit het die reddingswerkers gehelp om die liggame vinnig op te spoor en ’n lang soektog te vermy wat dodelike gevolge kon gehad het.

Die spanleier by EDR, Gee Swart, sê: “Dis onmoontlik om ’n gunstelingkenmerk uit te sonder. Die gehardheid en duursaamheid is soos geen ander toestel wat ek voorheen gebruik het nie. Ek het dit by brande gebruik waar dit 60+ºC kan wees; ek het dit in temperature onder vriespunt gebruik en dit het skitterend presteer.”

“Dit is meer kere laat val as wat ek kan onthou en het direkte spuite van brandslange deurstaan . . . Die termiese kamera is vir ons ’n lewensredder en het ’n moet geword nadat dit lewens en eiendom help red het.”

Dié opgradering op die Cat S60 gee jou ’n kragtige 4,500mAh-battery wat groter en beter is, met verbeterde sagteware wat die resolusie van termiese beelde twee keer sigbaarder maak – dit kan nou temperature tot 400°C lees. Dít is nuttig wanneer jy buitemuurse aktiwiteite geniet of indien jou werk behels dat jy vroegoggend en laataand die elemente moet trotseer.

Die geharde Cat S61-foon is valbestand, waterbestand en weerstandig teen stof – en dit help jou ook luggehalte monitor en klam areas, lekplekke en verstoppings opspoor met ’n ingeboude laser-meetstelsel. 

Besoek jou naaste selfoonverskaffer en vra vir meer inligting oor die Cat S61-kontrakpakette. Volg ook Cat Rugged Phones op Facebook en Instagram vir nog inligting – en loer na nog ware verhale waar CAT-fone die wa deur die drif getrek het.