Wanneer jy jou kos eet, verteer jou liggaam dit in kleiner dele; naamlik vitamiene, minerale, proteïen, vet en suiker. Suiker staan ook as glukose bekend wat die liggaam van brandstof voorsien. Jou pankreas reageer deur die hormoon insulien vry te stel wat jou liggaam die glukose van jou kos in energie help omskep wat jou liggaam kan gebruik. 

Mense met diabetes het dikwels nie die regte hoeveelheid insulien nie en hul liggaam het ’n gebrek aan energie, wat hulle swak, uitgeput en dors laat voel.

Wanneer jou liggaam nie genoeg insulien vervaardig nie, of wanneer jou liggaam sukkel om die insulien te gebruik, ontwikkel jy diabetes. Hoë glukosevlakke kan mettertyd jou organe beskadig. 

Jou liggaam reageer ook dalk op die gebrek aan insulien deur meer glukose vry te stel – en as jou bloedsuiker te hoog raak, kan die glukose by jou urine insyfer, wat jou senuwees en bloedvate ernstig kan beskadig 

Onbehandelde diabetes beskadig die liggaam op vele maniere, wat lei tot:

  • Verhoogde risiko vir hartsiektes weens hoë bloeddruk 
  • Senuskade tydens vertering wat tot naarheid, hardlywigheid of diarree kan lei, veral in die geval van tipe-2-diabetes
  • Verswakte sirkulasie en beskadigde senuwees kan tot ’n droë vel, wonde wat stadig genees, swam- en bakteriële infeksies en voetprobleme lei
  • ’n Giftige suur, ketoon, kan ontwikkel omdat jou liggaam vet en proteïen afbreek om energie te verkry, wat lewensgevaarlik kan wees 
  • Ernstige oogskade as gevolg van druk en swelling van bloedvate
  • Nierversaking en hoë vlakke van proteïen in jou urine 

Praat met jou dokter, neem jou medisyne en monitor jou simptome.

Sorg dat jy ’n gesonde dieet volg en gereeld oefen; dit sal wonders doen om ’n gesonde lewensgehalte te skep. 

Kry ons splinternuwe tydskrif Diabetes vir nog nuttige inligting en ware lewenservarings van mense wat voluit leef.