Wat is hardlywigheid*
Dit is ’n algemene spysverteringsprobleem. Dit kan vir jou moeilik wees om ’n opelyf te hê of dit kan ongereeld wees.* Jou stoelgang kan baie hard wees, wat dit moeilik maak om te passeer en tot inspanning lei. Of dalk voel jy ongemaklik en nog nie geledig nie selfs nadat jy toilet toe gegaan het.

Hoe dikwels behoort ek ’n stoelgang te hê?
Nie almal het een keer per dag ’n stoelgang nie. Dit is ook nie waar dat jy ’n daaglikse stoelgang moet hê om “gereeld” te wees nie.*

Enigiets tussen 3 keer per dag en 3 keer per week is normaal. Jy kan hardlywig raak as jy begin om minder stoelgange te hê as wat jy gewoonlik het.*

Hoe kan jy hardlywigheid behandel?

Chroniese hardlywigheid is meestal onskadelik, maar dit kan jou lewensgehalte belemmer.**

Jou dokter sal moontlik medikasie, soos Duphalac (laktulose), voorskryf om jou hardlywigheid te behandel. Laktulose help in die behandeling van hardlywigheid. Dit word veral gebruik vir pasiënte vir wie hardlywigheid ’n besonderse probleem veroorsaak, soos kinders, swanger vroue en pasiënte wat onlangs operasies gehad het.***

Praat met jou dokter as:*

  • Hardlywigheid vir jou nuut en ongewoon is. 
  • Jy 3 weke of langer hardlywig is. 
  • Jy maagpyn het. 
  • Jy bloed opmerk in jou stoelgang.
  • Jy sonder rede gewig verloor. 

Wat is die oorsake van hardlywigheid?*

  • Ouderdom
  • Te lae vloeistofinname
  • Lae vlakke van aktiwiteit
  • Te min vesel in die dieet 
  • Sekere soorte medisyne (soos pynstillers) 
  • Om nie toilet toe te gaan wanneer jy die drang voel om ’n opelyf te hê nie 
  • Oormatige gebruik van lakseermiddels

Wat moet ek doen as ek hardlywig is?

  • Hardlywigheid kan met medikasie soos Duphalac behandel word.***
  • Moenie die drang om ’n opelyf te hê weerstaan of ignoreer nie.
  • Eet meer vesel.
  • Drink genoeg vloeistof (omtrent 8 glase per dag is ’n goeie doel). Vloeistof kan water, sap, sop, tee, en ander nie-alkoholiese drankies insluit.
  • Oefen gereeld.
  • Beperk kosse met hoë vet- en suikerinhoud (soos lekkers, kaas en geprosesseerde kos). 

Verwysings:

*Inligting van Your Family Doctor. Constipation. Am Fam Physician 2010; 82(12): 1440-1441.

**Müller-Lissner S. The Pathophysiology, Diagnosis, and Treatment of Constipation. Dtsch Arztebl Int 2009; 106 (25): 424-432.

***Duphalac Droë- en Stroopverpakkingsbiljette. 

S0 Duphalac Stroop® & Duphalac Droë. Samestelling: 5ml Duphalac Stroop bevat 3,3g laktulose. 10g Duphalac Droë bevat 10g laktulose. Farmakologiese klassifikasie: A. 11.5 Lakseermiddels. Reg.no. K/11.5/180; 28/11.5/0427. Naam en adres van lisensiehouer: Abbott-laboratoriums SA (Edms.) Bpk. Abbott Place, 219 Golf Club Terrace, Constantia Kloof, 1709. Tel.: (011) 858 2000. Reg.no. 1940/014043/07. Vir volledige voorskrifinligting, verwys na die verpakkingbiljet soos goedgekeur deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad. Publikasiedatum van hierdie promosiemateriaal: Oktober 2017. Promosiemateriaal-verwysingsnommer: Duphalac – ZAEDULAC170162.