Daar’s iets aan huiswerktyd wat gesinne gedaan maak – en soms tot trane lei. Al is jy nie meer op skool nie, is huiswerk steeds ’n groot deel van jou lewe. Beproef dié riglyne om jou kind te help huiswerk aanpak sodat jy vir aandete en alles anders kan sorg. 

’n Positiewe gees

Probeer ondersteunend wees – skree en kwaad raak sal sake net vererger. Komplimenteer jou kind se huiswerkstyl, maak nie saak wat dit is nie, en bied hulp sonder oordeel. Skep ’n aangename leeromgewing waar julle kan deel en selfs saam leer – die kurrikulum het sedert ’n paar jaar gelede heelwat verander. 

Geen gesanik

Moedig jou kind aan om by ’n huiswerkprogram of tydgleuf te hou om te verhoed dat jy hulle hoef te smeek om agter hul boeke te gaan sit. Dit sal hulle laat voel dit is hul keuse en minder van ’n taak. En hoe vroeër, hoe beter. As jou kind bedags by ’n versorger is, laat hulle die meeste van die huiswerk afhandel en hersien dan saam sonder om te krities te wees waar moontlik. 

Selfvertroue is belangrik 

Die belangrikste ding is om jou kind op te bou sodat hulle selfvertroue het om hul werk op hul eie te doen – siende dat hulle hul toetse op hul eie skryf. Laat hulle dink en met die antwoorde vorendag kom, en lei hulle in die regte rigting indien nodig. Meng ’n bietjie prys met die regstellings waar moontlik. 

Stresverligting

Soms het jou kind net nodig om hul gevoelens te lug; laat hulle dus kla, en toon dan empatie. Dit help as jy hulle laat voel hulle word verstaan voor jy ’n manier vind om die las te verlig en hulle deur ’n groot taak te help. Probeer om nie huiswerktyd oor te neem nie – tensy jy voel dit is nodig. 

Kry hulp

Onthou altyd dit is nie wat jy sê nie, dit is hoe jy dit sê. Probeer jou kind op die beste moontlike manier help en moenie bang wees om professionele hulp te kry nie – na gelang van jou kind se ouderdom. ’n Privaat onderwyser of ekstra tyd ná skool kan baie help. Net omdat jy ’n ouer is, beteken nie jy weet alles nie. 

Huisgenoot Huiswerk Gedoen No.2 is nog ’n wonderlike hulpbron. Dis propvol interessante onderwerpe en betroubare feite, alles in een boek – perfek vir onderwerpe vir mondeling, uitbreiding van kennis en hulp met take.

Kry joune deur ’n e-pos aan koop@huisgenoot.com te stuur of 021 406 4962 te bel.